Tuesday, May 28, 2019

Ware Lig, Valse Lig en die Enigste Ware Lig


Uittreksel uit 'n ongepubliseerde manuskrip wat ek in 2018 geskryf het...

Valse lig is leuens. Ware lig is die waarheid van hierdie wêreld – dit is nie die enigste waarheid van Jesus nie, maar ’n wêreldse waarheid wat met leuens vermeng is. Satan is die vader van die leuen en dit is baie belangrik dat daar in hierdie verband in gedagte gehou moet word dat Satan nie dom is nie. Hy was immers lank terug een van die hemelwesens wat rondom God se troon gestaan het. Openbaring 12: 7 – 8 verwys terug na ’n voorval waar daar ’n oorlog in die hemel uitgebreek het en op die ou einde is Satan en die gevalle engele wat saam met hom afvallig geraak het, deur die aartsengel Migael uit die hemel gewerp. Satan floreer op chaos, misleiding, verwarring en allerlei ander konsepte wat verband hou met leuens. As God vir jou A gee, gee Satan nie vir jou B of C nie. Hy gee eerder vir jou A – 1 of A + 1, met ander woorde hy vat die leuen en smeer dit met ’n spreekwoordelike suikerlagie toe, sodat dit op die oog af as die waarheid voorkom. In die film The Usual Suspects (1995) merk een van die karakters op treffende wyse op: “The greatest trick the devil ever pulled was to convince the world he didn’t exist.” Dit is ’n baie goeie voorbeeld hoe Satan die leuen gebruik om mense te mislei. Hy gee voor dat hy nie bestaan nie en mense glo dit en voer dan aan dat Satan net ’n sprokie is om kinders en bygelowiges mee bang te praat. Die oomblik wanneer jy vir hierdie leuen val, het Satan jou in sy mag. Sodoende het baie mense al blindelings in satanisme en allerlei ander vorme van die okkult verval, sonder dat hulle dit noodwendig besef.
Die Church of Satan wat in 1966 in die VSA onder Anton Lavey gestig is, verkondig byvoorbeeld in hulle leerstellings dat Satan nie ’n persoon is nie, maar eerder ’n abstrakte mag in die natuur wat die mens help om ’n sekere vlak van verligting te bereik. Wanneer jy hierdie vlak van verligting bereik, word daar aan jou voorgehou dat jy nou verborge kennis bekom het en dat jy verhewe bo ander is. Met ander woorde, jy word jou eie god. Hierdie idee vind aanklank by die okkultis Aleister Crowley se idee dat daar net een reël is: “Do what thou wilt shall be the whole of the law”. Dus, daar is net een reël en dit is die reël wat aanvoer dat jy vrylik kan maak soos jy wil. Nog duideliker gestel: die enigste reël is die reël wat sê dat daar geen reëls is nie. Waar hierdie leerstelling nog meer boos raak, is wanneer studente van Crowley se mistieke filosofie genaamd Thelema aanvoer dat “do what thou wilt shall be the whole of the law” oorspronklik ’n Christelike beginsel is. Diegene wat nie hulle geestelike wapenrusting aan het en nie verder navorsing gaan doen nie, beland dan maklik onder die invloed van hierdie leuen en op die ou einde glo hulle die leuen wat onder andere deur die New Age Movement verkondig word wat aanvoer dat alle gelowe maar presies dieselfde is en dat daar geen verskil tussen God en Satan is nie.
Vanuit hierdie valse lig van “alle gelowe is dieselfde” vloei daar hordes ander leuens waarop Christen-gelowiges baie bedag moet wees. Jesus het immers aan sy dissipels vertel dat daar in die laaste dae baie valse leeraars sal wees. Voorbeelde van valse lig en ware lig  wat deesdae al hoe meer aanhang geniet:

     1.  Jesus Christus word as die Seun van God beskou. Die “seun” is eintlik ’n vervorming van die woord “son” en daarom is Jesus Christus nie ’n werklike figuur nie, maar eerder ’n metafoor van die son.  

Die valse lig in die voorbeeld hierbo is duidelik: die valse lig skyn ’n leuen na mense toe uit wat aanvoer dat Jesus Christus nie werklik bestaan nie. Daar word egter ware lig hiermee vermeng sodat dit nie so blatant voorkom nie: Jesus bestaan, maar (dan volg die valse lig) Hy bestaan bloot as ’n metafoor. Dit is hier waar allegorie ’n rol speel: op die eerste vlak van allegorie word daar aan mense voorgehou dat hierdie stelling skadeloos is en dat dit maar bloot daarop dui dat Jesus ’n metafoor is van die son. Die diepere vlak van allegorie wat agter die skerms figureer en waarvan hulle nie melding maak nie, is dat hulle hierdie valse lig as waarheid verkondig met die doel om niks anders as verwarring te saai nie. Dit is dus belangrik om altyd te let op implisiete betekenis – dit wat tussen die spreekwoordelike lyne staan; dit wat nie blatant opgemerk word nie, maar eerder subtiel geïmpliseer word. Kom ons kyk na nog ’n voorbeeld wat deesdae baie aanhang in die voorspoedsteologie geniet:

      2. Jesus wil hê dat sy volgelinge gelukkig moet wees. Daarom wil Jesus graag hê dat jy baie geld moet hê en baie kosbare besittings, sodat jy gelukkig kan wees. Hy gaan jou immers eendag ’n baie duur en kosbare huis in die hemel gee waar jy ’n lieflike voertuig van jou keuse gaan ry en waar jou geld nooit opraak nie.

Hierdie voorbeeld kom moontlik as lagwekkend voor, maar dit is skokkend om te sien hoveel gelowiges deesdae vir hierdie leuen val. Die valse lig: Jesus heg waarde aan aardse besittings en rykdom is vir Hom belangrik. Die ware lig: Jesus wil hê dat sy volgelinge gelukkig moet wees. Die stelling rondom gelukkigheid is waar, maar dit is net halfpad waar: Jesus waarsku immers net voor sy hemelvaart sy dissipels dat hulle lewens as gelowiges nie maklik sal wees in hierdie wêreld nie. Dit beteken geensins dat Jesus genot put uit swaarkry nie, maar Hy is wel deeglik daarvan bewus dat Satan alles in sy vermoë doen om struikelblokke in gelowiges se pad te plaas. Juis daarom het wonderlike gelowige mense soos onder andere Petrus in die tronk beland en was daar ook die martelare wat, ten spyte van die wrede martelings deur die Romeine, volstrek geweier het om Jesus af te sweer. Let veral op martelare soos Polikarpus en Stefanus. Moet ook nie vergeet van Johannes die Doper wat op wrede wyse in opdrag van koning Herodes se stiefdogter tereggestel is nie. Ons belewe dus eers volle volmaakte geluk wanneer ons saam met Jesus Christus in die Ewige Lewe sal wees. Dit beteken nie ons lewe op aarde as gelowiges is net gevul met smart en swaarkry nie, maar ons word immers gereeld op fisiese en geestelike vlak aangeval deur werktuie van Satan.
Nog ’n voorbeeld van valse lig en ware lig:

     3. Jesus se lewe stem baie sterk ooreen met die lewe van die Egiptiese karakter Tamus. Jesus en Tamus was albei aan ’n kruishout vasgespyker. Dus, Jesus is eintlik Tamus en dit bewys dat Jesus maar net ’n fiktiewe karakter is.

Ware lig: Jesus se lewe stem baie sterk ooreen met die lewe van die Egiptiese karakter Tamus. Dit is waar, want Tamus was ook beskou as ’n herder wat wys is. Dit is egter ook net halfpad waar: die eerste vlak van allegorie is dat Jesus en Tamus dieselfde is en dat Jesus dus eintlik fiktief is. Die dieper vlak van allegorie wat nie vertel word nie, is dat Tamus ’n valse messias was wat met opset deur Satan daargestel is om verwarring te saai. Die ooglopende valse lig: Jesus is fiktief. Die diepere valse lig: Tamus kanselleer vir Jesus uit en dui daarop dat Jesus nie werklik bestaan nie en daarom is die Christendom gebaseer op leuens en word Christene vir die gek gehou.
        Hierdie is maar enkele voorbeelde van die slinkse wyse waarop Satan te werk gaan om verwarring te saai. Die verband wat die Swart Son hier het, kan gevind word in die wyse waarop daar deur middel van ’n valse lig steeds lig geskyn word in die donker. Die ironie is egter dat hierdie “lig” ’n swart lig is wat niks anders as duisternis is nie. Daarom juis die Swart Son. Hierdie swart lig wat as valsheid en versluierde waarheid op mense skyn, het ’n baie groter invloed as wat aanvanklik besef word. Jesaja 5: 20 waarsku: “Ellende wag vir dié wat sleg goed noem en goed sleg, wat van duisternis lig maak en van lig duisternis, wat bitter soet noem en soet bitter.”[1]
       En dit is wat die mensdom al vir eeue lank verkeerd doen – ons noem goeie dinge sleg en ons noem slegte dinge goed. Ons verlekker ons in mense se swaarkry en put genot uit egoïsme, arrogansie en hoogmoed. Ons is geldgierig en dink dat geld alles kan regmaak. Ons noem die Bybel, wat die enigste Ware Woord van God is, ’n sprokiesverhaal. Ons laat dus toe dat die valse lig van ’n metaforiese Swart Son ons “verhelder” en ons dink dat ons gered sal word deur wetenskap en tegnologie. Ons put genot uit sensasionele snert en valse nuus wat die hoofstroom-media aan ons voorhou. Ons put genot uit sommige films in Hollywood wat aan ons verkondig dat ons in vrees moet lewe, omdat daar steeds ’n kamtige “rooi gevaar” in Russiese geledere is en dat die VSA, Engeland en Israel die enigste lande is wat die waarheid het, verhewe bo kritiek is en dat hulle die res van die wêreld sal red van ondergang. Ons laat toe dat geheime organisasies ons families se bloedlyne besmet en ons val vir die leuen dat hulle eintlik maar net ’n broederskap is wat liefdadigheid beoefen. Tussen dit alles deur hemel sommige mense misdadigers (veral reeksmoordenaars soos Charles Manson) op asof hulle verlossers is wat alle etiese en morele normes navolg. Die algemene vervlakking en verswakking van algemene kennis onder baie mense, het ook tot gevolg dat hulle nie kennis neem van hierdie gevare nie en sodoende afgestomp raak.
        Dit is juis waarom Hosea 4: 6 opmerk “My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis;    omdat jý die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.”[2]
      Daar kan dus bo alle redelike twyfel aanvaar word dat die Swart Son niks anders as Lucifer is nie. Sommige studente van die okkult verkondig ’n leuen wat aanvoer dat Lucifer en Satan nie dieselfde entiteit is nie, maar twee verskillende entiteite en dat Lucifer eintlik ooreenstem met Jesus Christus. Hulle beswadder dus die Goeie Herder, Jesus Christus, deur Hom gelyk te stel aan ’n gevalle engel genaamd Lucifer wat in werklikheid niemand anders as Satan is nie. Dit is juis nog ’n goeie voorbeeld van hoe die vals lig van die Swart Son benut word om verwarring te saai, aangesien die valse beskouing wat aanvoer dat Jesus en Lucifer gelyk is, aan mense voorgehou word as ’n perspektief-verskuiwende waarheid wat kamtig jou oë oopmaak. In werklikheid verblind dit jou oë met die lig van die Swart Son (Lucifer) en raak jy in Satan se mag vasgevang.
     Die Swart Son word ook deur verskeie geheime organisasies van die wêreld gebruik. Onder hulle invloed word die Swart Son as ’n metafoor van die planeet Saturnus voorgehou en indien ’n mens se kennis rondom mitologie en die okkult nie sterk is nie, sal jy nooit die verband raaksien nie[3]. Die verband is dat die demoniese god Refan sedert die tyd van die Sumeriërs as ’n parallel van die planeet Saturnus beskou is. Daarmee saam word Refan ook vereenselwig met die demoniese god Molog – die wrede demoniese god wat van sy volgelinge verwag dat hulle hul kinders aan hom moet offer. Die planeet Saturnus word in die okkult as ’n entiteit met ’n eie subjektiewe bewussyn beskou wat die krag en essensie van Refan / Molog verteenwoordig. Waar dit nog verder skrikwekkend raak, is wanneer ’n mens die verslae van NASA se astrofisici en ruimteverkenners lees waarin hulle duidelik opmerk dat daar ’n storm op die noordpool van die planeet Saturnus is wat in die vorm van ’n heksagram (sespunt ster) figureer. Dit is skrikwekkend, want dit beteken dat die antieke volke van onder andere Babilon alreeds ongeveer 6000 jaar gelede kennis gedra het van so ’n heksagram wat vereenselwig word met Saturnus.
        Die vraag is: hulle het nie teleskope gehad om Saturnus mee te bestudeer nie – hoe het hulle dan sulke intieme kennis gehad van die sespunt ster met die doel om die verband te trek tussen Saturnus en Refan / Molog? Myns insiens is daar ’n antwoord op hierdie vraag wat dit nóg meer skrikwekkend maak: die mense van onder andere Babilon het hierdie intieme kennis rondom Saturnus bekom deurdat ’n demoon / demone / demoniese owerheid dit aan hulle geopenbaar het. Hierdie verklaring is geensins vergesog nie – veral nie wanneer ’n mens tot die ontdekking kom dat veral die inwoners van Babilon meesters was op die gebied van die okkult en dat die raadpleging van afgestorwenes (dodebeswering) en die oproep van demoniese wesens asook die aanbidding van hierdie entiteite vir hulle byna ’n alledaagse praktyk was.
        Lede van geheime organisasies wat in die intieme binnekringe van hierdie organisasies beweeg (veral Vrymesselaars in die 33ste graad wat as Illuminati beskou word) dien bewustelik en onbewustelik as priesters van die Swart Son. Hulle simboliek is deurtrek van verwysings na Saturnus as verteenwoordiger van Refan / Molog. Teen hierdie tyd behoort dit vir die leser duidelik te wees dat Refan / Molog direk verbind word met Satan en as demoniese entiteite funksioneer wat in opdrag van Satan hul dienaars met vrees beheer.
        Wanneer die verband van die ster van Refan (heksagram) deurgetrek word na die vlag van Israel, raak die groter prentjie baie duidelik: Israel verkeer in ’n geestelike krisis; nie bloot op grond van die feit dat hulle Jesus Christus ontken en beswadder nie, maar ook vanweë die feit dat hulle leiers onder die demoniese invloed van Refan verkeer en sodoende die inwoners van Israel deur middel van vrees beheer, net soos Refan ook al die eeue sy dienaars met vrees beheer en (as Molog) van hulle vereis om kinderoffers aan hom te bring. Die bose houvas van Refan op Israel spruit duidelik na vore vanuit die 666-simboliek wat in die Ster van Refan manifesteer: ’n sespunt ster met ses punte, ses driehoeke en sesvormigheid van die binnekantste heksagon. Die hand van Satan wurg dus die lewe uit Israel en daarmee saam manifesteer die antichris in die vorm van die pous in die Vatikaan. Dit is geen geheim dat die pous ’n sterk verbintenis met Israel het nie en dat hy daarmee saam ’n baie sterk houvas het op die VSA en Engeland. 


        Myns insiens kan hierdie scenario soos volg uiteengesit word:

        Onheilige Drie-Eenheid is Satan, Antichris en Vals Profeet.
        Satan het sy troon in Israel waar hy deur middel van sy demoniese mag (Refan / Molog) die leiers van Israel as marionette gebruik.
        Vandaar spruit Satan se voelers na die Vatikaan en funksioneer die pous as antichristelike figuur.
        Vandaar domineer die Vals Profeet die VSA, Engeland en meeste van die Europese Unie. Gevolglik is die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie niks anders as ’n werktuig van die onheilige Drie-Eenheid nie. Daarmee saam ook die Verenigde Nasies en die Bilderberg Groep, asook enige ander organisasies of instansies wat hulself met hierdie korrupte spul samesweerders vereenselwig.

       Refan word as Molog vereer deur middel van kinderoffers, genaamd aborsie. In Jeremia 32: 35 stel God die Vader dit duidelik: Hulle het hulle afskuwelike afgode in die huis gesit waaroor my Naam uitgeroep is en so het hulle my huis verontreinig. Hulle het hoogtes vir Baäl gebou in die Ben-Hinnomdal om hulle seuns en dogters vir Molek as offers te laat verbrand. Ek het hulle dit nie beveel nie; so 'n afskuwelike gedagte om vir Juda te laat sonde doen, het nie eens by My opgekom nie.

       Aborsie is moord. Myns insiens is dit verstaanbaar indien ’n geneesheer of mediese spesialis bo alle redelike twyfel deur middel van ’n sonar-skandering kan bewys dat ’n kind abnormaal ontwikkel en sodoende by geboorte ’n ernstige onderontwikkeling van die brein het (en gevolglik nie lank gaan lewe nie) en die ouers dan in so ’n geval die ingeligte besluit maak om aborsie toe te pas. Maar die ernstige probleem kom voor wanneer tieners byvoorbeeld swanger raak en lukraak besluit om die kind te aborteer, bloot omdat dit vir hulle ’n “gerieflike” oplossing is. Dit is moord en is niks anders nie as ’n offer aan Refan / Molog. Dit is opvallend dat veral die VSA aborsie baie sterk aanmoedig. Met soveel mense wat leiersfigure soos onder andere Hillary Clinton (wat self offers aan Molog bring) navolg, is dit eintlik geensins verbasend dat die gevolg ’n goddelose lewe is waar aborsie lukraak toegepas word nie.
       Wat die pous as antichris betref, let op die Rooms-Katolieke Kerk se beskouing van die pous as God die Vader se verteenwoordiger op aarde. Hoe kan ’n nietige en sondige mens aangestel word as die verteenwoordiger van die Almagtige Hemelse Vader wat hemel en aarde geskape het? Dit opsig self dui bo alle redelike twyfel aan dat die lig wat vanuit die Vatikaan skyn, die valse lig van die Swart Son / Lucifer / Satan is. ’n Korrupte lig wat voorgehou word as waarheid en soveel miljoene mense wêreldwyd onder die beswyming van sy leuens laat val.




---------------
(c) T. Fourie



[1] 1983-vertaling.
[2] 1983-vertaling.
[3] Let veral hier op die Woordelys van die 1983-vertaling van die Bybel wat Refan soos volg beskryf: “Refan is die naam van ’n Babiloniese-Assiriese stergod en ook van die planeet Saturnus.”

No comments:

Post a Comment