Friday, May 31, 2019
Thursday, May 30, 2019
Wednesday, May 29, 2019
Hegel se Dialektiek in Suid-Afrika
Polarisasie was nog altyd een van
die Illuminati se gunsteling tegnieke gewees waarmee hulle mense manipuleer en
breinspoel. As enige iemand dink dat die Illuminati net werksaam is in die VSA,
Engeland, Europese Unie en Israel, maak hulle ’n fout. Die Illuminati is al vir
baie dekades lank werksaam in Suid-Afrika. Hulle hou Suid-Afrika al baie lank
in ’n spreekwoordelike wurggreep deur hulle pionne in die koninklike gesin van
Engeland te gebruik. Engeland is aan die stuur van sake in Suid-Afrika. Die
regerende party en hulle radikaal-denkende maatjies wat rooi berets dra is klei
in die hande van die Britse bordeel. Ja, ek noem dit ’n bordeel, want dit is
nie die naam “koningshuis” werd nie.
My teorie is dat Engeland baie
lank gelede al wraak begin neem het onder andere as gevolg van die hewige
verliese wat hulle destyds in die Eerste en Tweede Anglo-Boereoorloë gely het.
Ja, hulle het nou wel die Tweede Anglo-Boereoorlog (1899-1902) gewen, maar teen
’n groot prys – Britse soldate was behoorlik deur die boere afgemaai. Engeland
en hulle groot skoothondjie, die VSA, haat blanke Afrikaanssprekendes. Dit is
juis waarom die intelligensiediens van Amerika destyds die sluipmoord op
Hendrik Verwoerd laat uitvoer het, want hulle was bang dat die Afrikaner deur
middel van Verwoerd se federale model te ver op ekonomiese gebied sou
ontwikkel. Die media werk saam met die Britte en die VSA: kyk byvoorbeeld hoe
onbetroubaar Suid-Afrikaanse media is wanneer dit by internasionale nuus kom.
Hulle praat soos ’n klomp breinlose bobbejane agter CNN en BBC aan en
bevraagteken niks. Hulle klou vas aan 1962 se Koue Oorlog-propaganda en kon nog
nooit ’n realistiese en ware verslag gee van wat in die internasionale arena
aan die gang is nie. As ’n mens jou navorsing oor geheime organisasies doen en
jy sien wie in werklikheid aan die stuur van sake is by NASPERS en Media24,
behoort dit jou glad nie te verbaas dat hulle so onbetroubaar is wanneer dit by
beriggewing kom nie. Verder is dit ook lagwekkend om te sien hoe mense soos
Leopold Scholtz, Charles Smith en andere as “kenners” op hul gebied beskou
word. As jy ooit ’n halwe waarheid in hulle rubrieke raaklees, moet jy weet dit
is ’n spelfout.
Die Koninklike bordeel van
Engeland lag in hulle mou oor wat in Suid-Afrika aangaan. Hulle gebruik al vir
baie dekades die konsep van polarisasie deur gebruik te maak van die dialektiek
van die Duitse filosoof Georg Hegel. Hegel se dialektiek is van uitgangspunt
dat die wêreld verdeel word in tesis en anti-tesis en dat die twee versoen moet
word met die doel om ’n sintese te vorm. Ons het dit destyds gesien met die
politieke oorname in 1994 waar die ANC en die IVP teen mekaar baklei het. Die
ANC was ’n tesis, die IVP ’n anti-tesis en nadat die Illuminati se groot
bedrieër genaamd Henry Kissinger na Suid-Afrika toe gekom het en almal ’n
spreekwoordelike gat in die kop gepraat het, word daar skielik “vrede”
bewerkstellig en word die sintese gevorm – die kamtige reënboognasie. Die vrede
wat op daardie wyse bewerkstellig is, is onbetroubaar om die minste te sê, want
dit is nie die volmaakte vrede wat deur Jesus Christus bewerkstellig word nie.
Geen vrede wat deur mense bewerkstellig word, kan vertrou word nie.
Op die oomblik gebruik die
Illuminati deur middel van die Britse bordeel die Hegeliaanse dialek in
Suid-Afrika deur die ou rassehaat te laat opvlam. Aan die een kant het jy die
tesis in die vorm van die verregse Afrikaners wat naïef genoeg is om te dink
dat die Israelvisie die waarheid beet het. Aan die anderkant het jy die
anti-tesis in die vorm van radikale Afrika-Nasionalisme in die vorm van ’n spul
narre met rooi berets wat daarop uit is om geweld teen minderhede aan te blaas
en te probeer regverdig. Kom ons kyk nou na elkeen van hierdie twee:
1. Die
Israelvisie: hierdie lagwekkende beweging het sy ontstaan te danke aan die
Britte en die Jode. Gaan doen gerus jou eie navorsing hieroor en jy sal sien
dat die Israelvisie ’n Brits-Israeli beweging is wat baie sterk in Engeland
ontwikkel het en later oorgespoel het na Suid-Afrika toe. Daar is hordes
probleme met die Israelvisie, maar een van hulle groot probleme is dat hulle Jesus
Christus belaster deur Hom te ontken en vir mense te vertel dat Hy ’n “paganistiese
god” is. Enige volgeling van Christus behoort te weet dat Hy duidelik gesê het
dat Hy “die weg, die waarheid en die lewe is” en dat niemand na die Vader kan
gaan behalwe deur Hom nie. Die Israelvisie wil vir Jesus uit die prentjie gooi
en slegs fokus op God die Vader en die Heilige Gees. Die Drie-Eenheid is
drie-in-een en jy kan nie aan die Drie-Eenheid gaan skaaf en kap soos jy wil
nie. ’n Verdere opvallende probleem van die Israelvisie is dat hulle by monde
van pseudo-intellektueles soos die Boerseun van Migdol (Japie van Zyl) vir
Siener van Rensburg verafgod. Daar is geen fout daarmee om Siener vir
interessantheid te lees en na te vors nie, maar na aanleiding van sekere
uitsprake wat die Israelvisie maak, klink dit asof hulle vir Siener as een of ander
god beskou. Dan is daar ook die probleem van simboliek: die Israelvisie maak
gebruik van die sogenaamde Ster van Dawid en vertoon dit soms in die agtergrond
terwyl hulle op ’n video praat. Daardie simbool behoort op sigself al ’n hele
klomp sirenes in ’n mens se kop te laat loei, want die Ster van Dawid met die
ses punte wat ook genoem word die heksagram is een van die oudste okkultiese
tekens in die geskiedenis van die mensdom. Die teken se regte naam is Ster van
Molog en word onder andere ook die Seël van Saturnus genoem. Dit is dus
gekoppel aan vrugbaarheidsrituele binne ou okkultiese tradisies en het niks met
die Bybel en geloof in God te make nie. Ironies genoeg is die Israelvisie lief
daarvoor om diegene wat hulle teengaan uit te skel as “baalpriesters”. Baal was
’n vrugbaarheidsgod. Maar die Israelvisie vertoon die heksagram (Seël van
Saturnus) wat self ’n simbool is wat eer aan vrugbaarheidsgode betoon.
2. Die
radikale Afrika-Nasionalisme: aan die anderkant het ons die radikale
Afrika-Nasionalisme wat dreig met onwettige grondgrype, barbaarse geweld en wat
basies kan sê wat hulle wil, aangesien hulle ultra-liberale skoothondjies in
die media altyd slaggereed staan om enige iets wat hulle sê te probeer
regverdig. Oor hierdie klomp kan ’n mens verder nie veel sê nie, want hulle is
so oppervlakkig, oningelig en sommer net onnosel dat jy eintlik jou tyd mors om
’n ontleding van hulle en hulle idees te maak.
Die punt waarby
ek wil uitkom is dat beide hierdie twee groepe – die Israelvisie en die
radikale Afrika-Nasionaliste – pionne is van die Illuminati en die tragiese
grap is dat nie een van die twee dit besef nie. Hulle word agter die skerms
soos marionette gebruik met die doel om die uiteindelike sintese van die Hegeliaanse
dialektiek te bewerkstellig. Wat hierdie sintese gaan wees, weet ’n mens nie,
maar ek vermoed dat dit ’n toestand gaan wees waarin albei groepe mekaar oor en
weer uitmoor en gevolglik Suid-Afrika verder laat stagneer en sodoende gaan die
realiteit van ’n tweede Zimbabwe net soveel duideliker manifesteer.
----------------------
(c) T. Fourie
Tuesday, May 28, 2019
Ware Lig, Valse Lig en die Enigste Ware Lig
Uittreksel uit 'n ongepubliseerde manuskrip wat ek in 2018 geskryf het...
Valse lig is leuens. Ware lig is die waarheid van
hierdie wêreld – dit is nie die enigste waarheid van Jesus nie, maar ’n
wêreldse waarheid wat met leuens vermeng is. Satan is die vader van die leuen
en dit is baie belangrik dat daar in hierdie verband in gedagte gehou moet word
dat Satan nie dom is nie. Hy was immers lank terug een van die hemelwesens wat
rondom God se troon gestaan het. Openbaring 12: 7 – 8 verwys terug na ’n
voorval waar daar ’n oorlog in die hemel uitgebreek het en op die ou einde is
Satan en die gevalle engele wat saam met hom afvallig geraak het, deur die
aartsengel Migael uit die hemel gewerp. Satan floreer op chaos, misleiding,
verwarring en allerlei ander konsepte wat verband hou met leuens. As God vir
jou A gee, gee Satan nie vir jou B of C nie. Hy gee eerder vir jou A – 1 of A +
1, met ander woorde hy vat die leuen en smeer dit met ’n spreekwoordelike
suikerlagie toe, sodat dit op die oog af as die waarheid voorkom. In die film The Usual Suspects (1995) merk een van
die karakters op treffende wyse op: “The greatest trick the devil ever pulled
was to convince the world he didn’t exist.” Dit is ’n baie goeie voorbeeld hoe
Satan die leuen gebruik om mense te mislei. Hy gee voor dat hy nie bestaan nie
en mense glo dit en voer dan aan dat Satan net ’n sprokie is om kinders en
bygelowiges mee bang te praat. Die oomblik wanneer jy vir hierdie leuen val,
het Satan jou in sy mag. Sodoende het baie mense al blindelings in satanisme en
allerlei ander vorme van die okkult verval, sonder dat hulle dit noodwendig
besef.
Die Church of Satan wat in 1966 in die VSA
onder Anton Lavey gestig is, verkondig byvoorbeeld in hulle leerstellings dat
Satan nie ’n persoon is nie, maar eerder ’n abstrakte mag in die natuur wat die
mens help om ’n sekere vlak van verligting te bereik. Wanneer jy hierdie vlak
van verligting bereik, word daar aan jou voorgehou dat jy nou verborge kennis
bekom het en dat jy verhewe bo ander is. Met ander woorde, jy word jou eie god.
Hierdie idee vind aanklank by die okkultis Aleister Crowley se idee dat daar
net een reël is: “Do what thou wilt shall be the whole of the law”. Dus, daar
is net een reël en dit is die reël wat aanvoer dat jy vrylik kan maak soos jy
wil. Nog duideliker gestel: die enigste reël is die reël wat sê dat daar geen
reëls is nie. Waar hierdie leerstelling nog meer boos raak, is wanneer studente
van Crowley se mistieke filosofie genaamd Thelema
aanvoer dat “do what thou wilt shall be the whole of the law” oorspronklik ’n
Christelike beginsel is. Diegene wat nie hulle geestelike wapenrusting aan het
en nie verder navorsing gaan doen nie, beland dan maklik onder die invloed van
hierdie leuen en op die ou einde glo hulle die leuen wat onder andere deur die
New Age Movement verkondig word wat aanvoer dat alle gelowe maar presies
dieselfde is en dat daar geen verskil tussen God en Satan is nie.
Vanuit hierdie valse lig van “alle gelowe
is dieselfde” vloei daar hordes ander leuens waarop Christen-gelowiges baie
bedag moet wees. Jesus het immers aan sy dissipels vertel dat daar in die
laaste dae baie valse leeraars sal wees. Voorbeelde van valse lig en ware
lig wat deesdae al hoe meer aanhang
geniet:
1. Jesus
Christus word as die Seun van God beskou. Die “seun” is eintlik ’n vervorming
van die woord “son” en daarom is Jesus Christus nie ’n werklike figuur nie,
maar eerder ’n metafoor van die son.
Die
valse lig in die voorbeeld hierbo is duidelik: die valse lig skyn ’n leuen na
mense toe uit wat aanvoer dat Jesus Christus nie werklik bestaan nie. Daar word
egter ware lig hiermee vermeng sodat dit nie so blatant voorkom nie: Jesus
bestaan, maar (dan volg die valse lig) Hy bestaan bloot as ’n metafoor. Dit is
hier waar allegorie ’n rol speel: op die eerste vlak van allegorie word daar
aan mense voorgehou dat hierdie stelling skadeloos is en dat dit maar bloot
daarop dui dat Jesus ’n metafoor is van die son. Die diepere vlak van allegorie
wat agter die skerms figureer en waarvan hulle nie melding maak nie, is dat
hulle hierdie valse lig as waarheid verkondig met die doel om niks anders as
verwarring te saai nie. Dit is dus belangrik om altyd te let op implisiete
betekenis – dit wat tussen die spreekwoordelike lyne staan; dit wat nie blatant
opgemerk word nie, maar eerder subtiel geïmpliseer word. Kom ons kyk na nog ’n
voorbeeld wat deesdae baie aanhang in die voorspoedsteologie geniet:
2. Jesus wil hê dat sy volgelinge gelukkig moet
wees. Daarom wil Jesus graag hê dat jy baie geld moet hê en baie kosbare
besittings, sodat jy gelukkig kan wees. Hy gaan jou immers eendag ’n baie duur
en kosbare huis in die hemel gee waar jy ’n lieflike voertuig van jou keuse
gaan ry en waar jou geld nooit opraak nie.
Hierdie voorbeeld kom moontlik as lagwekkend voor, maar dit is skokkend
om te sien hoveel gelowiges deesdae vir hierdie leuen val. Die valse lig: Jesus
heg waarde aan aardse besittings en rykdom is vir Hom belangrik. Die ware lig:
Jesus wil hê dat sy volgelinge gelukkig moet wees. Die stelling rondom
gelukkigheid is waar, maar dit is net halfpad waar: Jesus waarsku immers net
voor sy hemelvaart sy dissipels dat hulle lewens as gelowiges nie maklik sal
wees in hierdie wêreld nie. Dit beteken geensins dat Jesus genot put uit
swaarkry nie, maar Hy is wel deeglik daarvan bewus dat Satan alles in sy vermoë
doen om struikelblokke in gelowiges se pad te plaas. Juis daarom het wonderlike
gelowige mense soos onder andere Petrus in die tronk beland en was daar ook die
martelare wat, ten spyte van die wrede martelings deur die Romeine, volstrek
geweier het om Jesus af te sweer. Let veral op martelare soos Polikarpus en
Stefanus. Moet ook nie vergeet van Johannes die Doper wat op wrede wyse in
opdrag van koning Herodes se stiefdogter tereggestel is nie. Ons belewe dus
eers volle volmaakte geluk wanneer ons saam met Jesus Christus in die Ewige
Lewe sal wees. Dit beteken nie ons lewe op aarde as gelowiges is net gevul met
smart en swaarkry nie, maar ons word immers gereeld op fisiese en geestelike
vlak aangeval deur werktuie van Satan.
Nog ’n voorbeeld van valse lig en ware lig:
3. Jesus
se lewe stem baie sterk ooreen met die lewe van die Egiptiese karakter Tamus.
Jesus en Tamus was albei aan ’n kruishout vasgespyker. Dus, Jesus is eintlik
Tamus en dit bewys dat Jesus maar net ’n fiktiewe karakter is.
Ware
lig: Jesus se lewe stem baie sterk ooreen met die lewe van die Egiptiese
karakter Tamus. Dit is waar, want Tamus was ook beskou as ’n herder wat wys is.
Dit is egter ook net halfpad waar: die eerste vlak van allegorie is dat Jesus
en Tamus dieselfde is en dat Jesus dus eintlik fiktief is. Die dieper vlak van
allegorie wat nie vertel word nie, is dat Tamus ’n valse messias was wat met opset
deur Satan daargestel is om verwarring te saai. Die ooglopende valse lig: Jesus
is fiktief. Die diepere valse lig: Tamus kanselleer vir Jesus uit en dui daarop
dat Jesus nie werklik bestaan nie en daarom is die Christendom gebaseer op
leuens en word Christene vir die gek gehou.
Hierdie is maar enkele voorbeelde van
die slinkse wyse waarop Satan te werk gaan om verwarring te saai. Die verband
wat die Swart Son hier het, kan gevind word in die wyse waarop daar deur middel
van ’n valse lig steeds lig geskyn word in die donker. Die ironie is egter dat
hierdie “lig” ’n swart lig is wat niks anders as duisternis is nie. Daarom juis
die Swart Son. Hierdie swart lig wat
as valsheid en versluierde waarheid op mense skyn, het ’n baie groter invloed
as wat aanvanklik besef word. Jesaja 5: 20 waarsku: “Ellende wag vir dié wat sleg goed noem en goed
sleg, wat van duisternis lig maak en van lig duisternis, wat bitter soet noem
en soet bitter.”[1]
En dit is wat die mensdom al vir eeue lank
verkeerd doen – ons noem goeie dinge sleg en ons noem slegte dinge goed. Ons
verlekker ons in mense se swaarkry en put genot uit egoïsme, arrogansie en
hoogmoed. Ons is geldgierig en dink dat geld alles kan regmaak. Ons noem die
Bybel, wat die enigste Ware Woord van God is, ’n sprokiesverhaal. Ons laat dus
toe dat die valse lig van ’n metaforiese Swart Son ons “verhelder” en ons dink
dat ons gered sal word deur wetenskap en tegnologie. Ons put genot uit
sensasionele snert en valse nuus wat die hoofstroom-media aan ons voorhou. Ons
put genot uit sommige films in Hollywood wat aan ons verkondig dat ons in vrees
moet lewe, omdat daar steeds ’n kamtige “rooi gevaar” in Russiese geledere is
en dat die VSA, Engeland en Israel die enigste lande is wat die waarheid het,
verhewe bo kritiek is en dat hulle die res van die wêreld sal red van
ondergang. Ons laat toe dat geheime organisasies ons families se bloedlyne
besmet en ons val vir die leuen dat hulle eintlik maar net ’n broederskap is
wat liefdadigheid beoefen. Tussen dit alles deur hemel sommige mense
misdadigers (veral reeksmoordenaars soos Charles Manson) op asof hulle
verlossers is wat alle etiese en morele normes navolg. Die algemene vervlakking
en verswakking van algemene kennis onder baie mense, het ook tot gevolg dat
hulle nie kennis neem van hierdie gevare nie en sodoende afgestomp raak.
Dit is juis waarom Hosea 4: 6 opmerk “My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jý die kennis verwerp het, sal Ek jou
verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet
van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.”[2]
Daar kan dus bo alle redelike twyfel aanvaar
word dat die Swart Son niks anders as Lucifer is nie. Sommige studente van die
okkult verkondig ’n leuen wat aanvoer dat Lucifer en Satan nie dieselfde
entiteit is nie, maar twee verskillende entiteite en dat Lucifer eintlik
ooreenstem met Jesus Christus. Hulle beswadder dus die Goeie Herder, Jesus
Christus, deur Hom gelyk te stel aan ’n gevalle engel genaamd Lucifer wat in
werklikheid niemand anders as Satan is nie. Dit is juis nog ’n goeie voorbeeld
van hoe die vals lig van die Swart Son benut word om verwarring te saai,
aangesien die valse beskouing wat aanvoer dat Jesus en Lucifer gelyk is, aan
mense voorgehou word as ’n perspektief-verskuiwende waarheid wat kamtig jou oë
oopmaak. In werklikheid verblind dit jou oë met die lig van die Swart Son
(Lucifer) en raak jy in Satan se mag vasgevang.
Die Swart Son word ook deur verskeie geheime
organisasies van die wêreld gebruik. Onder hulle invloed word die Swart Son as
’n metafoor van die planeet Saturnus voorgehou en indien ’n mens se kennis
rondom mitologie en die okkult nie sterk is nie, sal jy nooit die verband
raaksien nie[3]. Die verband is dat die
demoniese god Refan sedert die tyd van die Sumeriërs as ’n parallel van die
planeet Saturnus beskou is. Daarmee saam word Refan ook vereenselwig met die
demoniese god Molog – die wrede demoniese god wat van sy volgelinge verwag dat
hulle hul kinders aan hom moet offer. Die planeet Saturnus word in die okkult
as ’n entiteit met ’n eie subjektiewe bewussyn beskou wat die krag en essensie
van Refan / Molog verteenwoordig. Waar dit nog verder skrikwekkend raak, is
wanneer ’n mens die verslae van NASA se astrofisici en ruimteverkenners lees
waarin hulle duidelik opmerk dat daar ’n storm op die noordpool van die planeet
Saturnus is wat in die vorm van ’n heksagram (sespunt ster) figureer. Dit is
skrikwekkend, want dit beteken dat die antieke volke van onder andere Babilon
alreeds ongeveer 6000 jaar gelede kennis gedra het van so ’n heksagram wat
vereenselwig word met Saturnus.
Die vraag is: hulle het nie teleskope gehad om Saturnus mee te bestudeer
nie – hoe het hulle dan sulke intieme kennis gehad van die sespunt ster met die
doel om die verband te trek tussen Saturnus en Refan / Molog? Myns insiens is
daar ’n antwoord op hierdie vraag wat dit nóg meer skrikwekkend maak: die mense
van onder andere Babilon het hierdie intieme kennis rondom Saturnus bekom
deurdat ’n demoon / demone / demoniese owerheid dit aan hulle geopenbaar het.
Hierdie verklaring is geensins vergesog nie – veral nie wanneer ’n mens tot die
ontdekking kom dat veral die inwoners van Babilon meesters was op die gebied
van die okkult en dat die raadpleging van afgestorwenes (dodebeswering) en die
oproep van demoniese wesens asook die aanbidding van hierdie entiteite vir
hulle byna ’n alledaagse praktyk was.
Lede van geheime organisasies wat in die intieme binnekringe van hierdie
organisasies beweeg (veral Vrymesselaars in die 33ste graad wat as Illuminati
beskou word) dien bewustelik en onbewustelik as priesters van die Swart Son.
Hulle simboliek is deurtrek van verwysings na Saturnus as verteenwoordiger van
Refan / Molog. Teen hierdie tyd behoort dit vir die leser duidelik te wees dat
Refan / Molog direk verbind word met Satan en as demoniese entiteite
funksioneer wat in opdrag van Satan hul dienaars met vrees beheer.
Wanneer die verband van die ster van Refan
(heksagram) deurgetrek word na die vlag van Israel, raak die groter prentjie
baie duidelik: Israel verkeer in ’n geestelike krisis; nie bloot op grond van
die feit dat hulle Jesus Christus ontken en beswadder nie, maar ook vanweë die
feit dat hulle leiers onder die demoniese invloed van Refan verkeer en sodoende
die inwoners van Israel deur middel van vrees beheer, net soos Refan ook al die
eeue sy dienaars met vrees beheer en (as Molog) van hulle vereis om
kinderoffers aan hom te bring. Die bose houvas van
Refan op Israel spruit duidelik na vore vanuit die 666-simboliek wat in die Ster
van Refan manifesteer: ’n sespunt ster
met ses punte, ses driehoeke en sesvormigheid van die binnekantste heksagon. Die
hand van Satan wurg dus die lewe uit Israel en daarmee saam manifesteer die
antichris in die vorm van die pous in die Vatikaan. Dit is geen geheim dat die
pous ’n sterk verbintenis met Israel het nie en dat hy daarmee saam ’n baie
sterk houvas het op die VSA en Engeland.
Myns insiens kan hierdie scenario soos volg
uiteengesit word:
Onheilige Drie-Eenheid is Satan, Antichris
en Vals Profeet.
Satan het sy troon in Israel waar hy
deur middel van sy demoniese mag (Refan / Molog) die leiers van Israel as marionette
gebruik.
Vandaar spruit Satan se voelers na die
Vatikaan en funksioneer die pous as antichristelike figuur.
Vandaar domineer die Vals Profeet die
VSA, Engeland en meeste van die Europese Unie. Gevolglik is die
Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie niks anders as ’n werktuig van die
onheilige Drie-Eenheid nie. Daarmee saam ook die Verenigde Nasies en die
Bilderberg Groep, asook enige ander organisasies of instansies wat hulself met
hierdie korrupte spul samesweerders vereenselwig.
Refan word as Molog vereer deur middel van kinderoffers, genaamd
aborsie. In Jeremia 32: 35 stel God die Vader dit duidelik: Hulle het hulle afskuwelike afgode in die
huis gesit waaroor my Naam uitgeroep is en
so het hulle my huis verontreinig. Hulle het hoogtes vir Baäl gebou in die
Ben-Hinnomdal om hulle seuns en
dogters vir Molek as offers te laat verbrand. Ek het hulle dit nie beveel nie; so 'n afskuwelike gedagte om vir
Juda te laat sonde doen, het nie eens by My opgekom nie.
Aborsie
is moord. Myns insiens is dit verstaanbaar indien ’n geneesheer of mediese
spesialis bo alle redelike twyfel deur middel van ’n sonar-skandering kan bewys
dat ’n kind abnormaal ontwikkel en sodoende by geboorte ’n ernstige
onderontwikkeling van die brein het (en gevolglik nie lank gaan lewe nie) en
die ouers dan in so ’n geval die ingeligte besluit maak om aborsie toe te pas.
Maar die ernstige probleem kom voor wanneer tieners byvoorbeeld swanger raak en
lukraak besluit om die kind te aborteer, bloot omdat dit vir hulle ’n
“gerieflike” oplossing is. Dit is moord en is niks anders nie as ’n offer aan
Refan / Molog. Dit is opvallend dat veral die VSA aborsie baie sterk aanmoedig.
Met soveel mense wat leiersfigure soos onder andere Hillary Clinton (wat self
offers aan Molog bring) navolg, is dit eintlik geensins verbasend dat die
gevolg ’n goddelose lewe is waar aborsie lukraak toegepas word nie.
Wat die pous as antichris betref, let op
die Rooms-Katolieke Kerk se beskouing van die pous as God die Vader se verteenwoordiger
op aarde. Hoe kan ’n nietige en sondige mens aangestel word as die
verteenwoordiger van die Almagtige Hemelse Vader wat hemel en aarde geskape
het? Dit opsig self dui bo alle redelike twyfel aan dat die lig wat vanuit die
Vatikaan skyn, die valse lig van die Swart Son / Lucifer / Satan is. ’n
Korrupte lig wat voorgehou word as waarheid en soveel miljoene mense wêreldwyd
onder die beswyming van sy leuens laat val.
---------------
(c) T. Fourie
[1]
1983-vertaling.
[2]
1983-vertaling.
[3]
Let veral hier op die Woordelys van die 1983-vertaling van die Bybel wat Refan
soos volg beskryf: “Refan is die naam van ’n Babiloniese-Assiriese stergod en
ook van die planeet Saturnus.”
Monday, May 27, 2019
Die New Age Beweging en die Kerk
Wanneer ek in sommige kerke
instap, is dit asof ek ’n leë dop betree wat gevul is met die besmette kloue
van kwelgeeste. Die kerk as instansie verkeer in ’n goddelose toestand. ’n
Toestand waar Mammon sy valsheid in mense se koppe uitstort en hulle onder die
illusie laat verkeer dat jy met jou dubbelkajuit-voertuig, jou klomp
vakansiehuise en jou luukse oorsese reise jou weg na die hemel toe baan.
Deesdae is nederigheid ’n vloekwoord. Arrogansie vier hoogty en die hoogmoed
wat daarmee gepaard gaan is ’n baie duidelike aanduiding dat Jesus Christus nie
meer welkom is in die midde van sekere gelowiges nie.
Ek weet nie watter Bybel baie
kerke deesdae bestudeer nie, maar in die Bybel wat ek bestudeer lees ek van
Jesus Christus wat gesê het dat jy die Here jou God moet liefhê met jou hele
hart, jou hele verstand en al jou kragte. En jy moet jou naaste liefhê soos
jouself. Ek lees ook dat Jesus op konstante wyse ’n sterk weersin gehad het in
hoogmoed, arrogansie en algemene egoïsme. Die feit dat Jesus gesê het dat
indien die tempel afgebreek sou word, Hy dit binne drie dae sal opbou, is juis
’n bewys van die volmaakte begrip van nederigheid wat vanuit Hom straal. Die
skrifgeleerdes met hulle hoogmoedige houdings en waansinnige navolging van Kabballistiese
okkultisme was vas oortuig dat die tempel wat deur mense se handewerk opgerig
is, as ’n bastion van volmaaktheid en absoluutheid dien. Hoe idioties om die
menslike subjektiewe persepsie te wil verabsoluteer! Jesus Christus het op
metaforiese wyse verwys na die opbou van die tempel binne drie dae deur middel
van ’n geestelike waarheid wat deur middel van sy kruisdood en opstanding
realiseer. Jesus het die gebruiklike ingesteldheid van die mens dat leiers
groot sterk bombastiese egoïste moet wees, tot niet verklaar en juis bewys dat
die ware leiersfiguur iemand is wat instaan vir ander deur homself te verneder
en die juk van hulle laste op hom neem.
Christus is dus die lewende
voorbeeld – die absolute voorbeeld – van die wyse waarop Christenskap weg van
die self beweeg na ander. Die problematiek waarmee baie kerke worstel is dat
hul ’n voorspoedsteologie verkondig waarvolgens die individu op hom- of
haarself fokus en sodoende word die mens die vokale punt waarvolgens enige
daaropvolgende funksionaliteit bepaal word. Christus beweeg weg van die self en
handel in nederigheid teenoor ander deur middel van naasteliefde en die
volmaakte liefde van die Drie-Enige God. Jesus is God wat mens geword het en
tussen ons kom woon het. Op grond hiervan word God die Vader se nederigheid
geïllustreer en is dit ’n bewys dat Hy, nadat die mens Hom vir hoeveel eeue al
uittart en beledig, steeds Homself met die welstand van die mensdom bemoei. As
dit nie oor die algemeen ’n illustrasie is van sy volmaakte begrip van liefde
nie, weet ek nie...
Die nederigheid van die Heilige
Gees word geïllustreer aan hand van die wyse waarop die Gees onder ons woon
nadat Jesus Christus opgevaar het hemel toe. Dit bewys dat God deur die Gees
tussen ons woon ten spyte van die feit dat ons telkemale in sonde verval en ons
harte verhard.
Die moderne/postmoderne kerk se
probleem is die feit dat die Heilige Gees belaster word en sodoende verban
word. Gevolglik word die Heilige Gees met die valse heilige gees (die
Kundalini-Gees) vervang en word hierdie valse gees as die Ware Gees aangehang
in baie kerke. Een van die talle wyses waarop dit geskied is die feit dat die law of attraction in heelwat kerke
verkondig word. Hiervolgens trek ’n mens “goeie karma” na jouself aan deur goed
te doen. Die primêre probleem is nie noodwendig die begrip van “karma”
waarvolgens Christenskap met esoteriese Oosterse praktyke vermeng word nie,
maar wel die feit dat die mens sentraal gestel word en nie God Drie-Enig nie.
Enige teologiese oortuiging waar God Drie-Enig nie sentraal gestel word nie, is
’n valse teologie en is onder invloed van die New Age beweging. Helena
Blavatsky kan beskou word as die sentrale figuur op wie se geskrifte die
grondbeginsels van die New Age gebasseer word. Daarmee saam vertolk Aleister
Crowley ook ’n belangrike rol. Blavatsky loods in haar The Secret Doctrine hewige kritiek teen die Christelike geloof se
neiging om iets “in te perk”. Volgens haar perk Christene verskeie geestelike
konsepte in en lei dit tot ’n algemene ingesteldheid van naïewiteit en daarom
sal Christene nooit, volgens haar, die kern van “wysheid” kan bereik of begryp
nie.
Blavatsky se The Secret Doctrine sinspeel van die begin af op die idee van die
kosmiese eier wat in werklikheid niks anders is as die planeet Saturnus nie.
Gevolglik vertolk hierdie aanbidding en verabsolutering van Saturnus ’n
sentrale rol in die filosofie van ander kultusgroepe en geheime organisasies
soos onder andere Fraternitas Saturni, Vrymesselary en algemene Sonaanbidding.
Die groot ironie is dat Blavatsky, ten spyte van haar weersin aan die neiging
om iets in te perk, haar leerstellings self inperk tot die essensie van die
kosmiese eier, oftewel Saturnus.
Die okkultisme het ’n obsessie
daarmee om hierdie kosmiese eier te laat oopbars sodat absolute wysheid en bemeestering
van die self (illuminasie) bereik kan word. Dit vorm ’n direkte verband met die
neiging van sommige moderne/postmoderne kerke om die mens sentraal te laat
staan in plaas van om God Drie-Enig sentraal te laat staan. Op hierdie wyse infiltreer
die New Age beweging die kerk op verskeie wyses en word die kerk vervorm tot ’n
plek waar die Drie-Enige God nie meer welkom is nie en waar dit vir die mens
oor homself gaan.
----------------------
(c) T. Fourie
Subscribe to:
Posts (Atom)